Op Woes.co.za onder Gedigte

Net vir jou

Die kamers van my hart is skielik met beelde van jou gevul
Jou stem echo deur my siel - deur my wese
In n legkaart sien ek die eerste tree - daai eerste soen...
N Liefde ongekend, maar opreg bedoel

Hoe sal ek ooit jou waarde kan meet?
Die lied wat jy vir my bring kan beskryf?
En miskien klink dit soetsappig en oordadig,
maar jy het mure afgebreek en grense verskuif

Jy kleur my wêreld in met n effense waansinnigheid
In jou arms wens ek ons kon tyd vermy
Pak ek vir jou n collage van my drome,
Dans ek op die ritme van jou hart...

Jou sagte aanraking vir my n toevlug
Jou glimlag n teken van geborgenheid
Speel ek rond met woorde,
Om die onmoontlike te probeer beskryf...
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/net-vir-jou-1446407400
Marthie-Lize Thomas

Lees asseblief my bydraes en lewer gerus kommentaar-positief of negatief-op die ou einde is dit hoe ons leer. Skrywers moet voortdurend daarna streef om hul talent te slyp en hulle skryfstukke te verbeter. NS-Ek behou kopiereg op al my skryfstukke



Totale stukke publiseer: 40
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 44