Op Woes.co.za onder Gedigte

Norty

Ek sien jou nog
op die bed
Jou asem met reëlmaat suig
aan die longmasjien
Jou gesig stil met
diep karakterlyne geêts,
jou oë gesluit .

En ons met hulpelose
sê-goed in ‘n verlate hoop
op tegnologie
en ‘n wonderwerk.

Ek wonder of jy ons kon hoor
Ek wonder of jy my kon hoor
Ek wonder of jy in jou volslae
hulpeloosheid gehoop het
dat ek iets kon doen.

Jy is met jou wakker tred
die hospitaal in.
Nog geskerts dat ons
gou weer sou sien

Nou is jy vleeslik ewig stil
maar rus in my siel.
Jy bly steeds my vriend.
Ek brand nog kers by jou.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/norty
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17