Op Woes.co.za onder Gedigte

O wye en lekker land

O wye en lekker land

O wye en lekker land
Waar pittekoppe skurwetoon
kaalhol rondhol.
God se San...
Gebore en gelooi in die Kalahari
na 'n duisend jaar gebloei tot Khoi.

0 eng en droewe land. ..
Haar skaamte met Goeie Hoop gedek.
'n swanger Kaap vol belofte
nKosi Sikele’ iAfrika
U wil geskied. . .
So skelm en stil na U beeld.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/o-wye-en-lekker-land
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17