Op Woes.co.za onder Gedigte

ongelukstoneel

brieke wat skree
bloed wat spat – my gedagtes
slinger deur glas
my verstand bly op jou
skoot agter
die einde is ’n begin
wat nooit van
sy voete af kom om
die stank van
hartseer in wanordelike
gelid te rangskik nie

vrees skilfer van
die mure
af

op ’n grondgebied sonder enige
kliniese bindings is begrip
die leë dop wat
vermaaklik deur ’n windskerm
geskop word




© T. Fourie


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/ongelukstoneel
Tertius Fourie

"There is in every madman a misunderstood genius whose idea, shining in his head, frightened people, and for whom delirium was the only solution to the strangulation that life had prepared for him". (Antonin Artaud)

Profielfoto: "gebreek" deur Tertius Fourie.

Ek behou kopiereg op al my skryfwerk en foto's.



Totale stukke publiseer: 143
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 329