Op Woes.co.za onder Gedigte

Ons Liefdesdans

Elke dag is jou stem soos musiek in my ore
Jou elke word sit my in vervoering
Wanneer ek jou sien krul my tone
Want jy veroorsaak in my diepste ‘n roering

Dan spring my hart op sy pertjie
Sodra ek nader aan jou beweeg
Jy glimlag stout en wys my jou haasstertjie
En my hele lyf begin beef

Ons lywe ontmoet soos petrol en vuur
Die een sterk die ander aan
As ons in mekaar se oge gluur
En in mekaar se aromas vergaan

Dan beweeg ons ritmies op ons eie maat
In liefde swem ons soos een gans
Ons elkeen van die ander ‘n vraat
Tot ons ontplof in die genot van ons liefdesdans

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/ons-liefdesdans-1342185773-musiek
Wild Child



Totale stukke publiseer: 2
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2