Op Woes.co.za onder Gedigte

Onvoltooide gesprek . . .

Wee die mens wat sy Vader verag, vervloek
is die een wat sy Skepper se liefde verwerp,
die gebondenheid aan die verganklikheid
en sy verderf sal 'n ewige lyding regverdig.

Jy vrees, hulle sal jou kasty en jou bestraf.
As jy die Regter se wil uitvoer is jy gemerk,
daarom dan sal jy eerder die donker kies
waar die lig van Sy liefde nie op jou val nie.

In jou diepste wese misken jy jou Hom!
Jy twyfel en dwaal in die eensaamheid
van onsekerheid in jou eie menswees
en jou gemoed is vir ewig beswaard.

Bedags kruip jy weg in die skaduwee
van die mensdom se verhewendheid,
dan hoef jy nie verantwoording te doen
en jouself te brandmerk as Sy kind nie.

Mens, wat het geword van jou geloof?
Jy drentel rigtingloos rond in sirkels
en oor jou lippe kom vreemde vrae,
in die nag sien jy geeste . . .

20/12/2015 © C. du Plessis

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/onvoltooide-gesprek
Amaspoke Spoke

My naam is Casper en ek is van Welkom in die Vrystaat. Ek is gebore in die ou Transvaal! Ek is 'n alleenloper en was nog altyd beskou deur ander mense as "anders" omdat ek baie reguit is en nie doekies omdraai om te sê wat ek wil sê nie. Dit het my al baie kere laat struikel maar waar daar 'n wil is daar 'n weg.
Ek skryf van my skooldae af maar het dit agterweë gelaat met die gejaag deur die lewe en die gesoek na ander onbelangrike dinge. Nou het ek weer my skrywe onder in 'n kas ontdek en is die drang om te skrywe weer herbore.
Dankie vir die belangstelling en ondersteuning van Woes en al die ander bydraers.



Totale stukke publiseer: 295
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,855