Op Woes.co.za onder Gedigte

Ook my tuiste

Ook my tuiste


Suid Afrika ! Afrique de Sud
Die toon van Afrika se voet.
My land van woelinge en van streef,
na vryheid van apartheidsgreep,
die wit man en sy sweep.

Gekoop en verdien met bloed van voorvaders,
My paspoort na vry bly – en reg as af’kaner.
Land van wonders en van streke.
My bly plek, vrede vir my gewete.

Sal ek jou verruil vir rykdom en goed.
Al blyk dit soms nodig en dollars so soet.
Jy is die hartklop van my siel en gemoed,
Moet huiswaarts kom – hier ver,hoor ek jou roep.


LL

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/ook-my-tuiste
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251