Op Woes.co.za onder Gedigte

Op Kersfees

het die herders
‘n onbekend lig in die hemel gesien
waar hulle, hulle skape oppas
en verblindend soos weerlig op die oog
het ‘n engel in groot glorie verskyn
en bang om te sterf

het hulle die boodskapper van God ontmoet

toe hy goeie nuus aan die hele mensdom bring
en alle mense was broers selfs die vreemdeling
toe die engel hulle sê waar om die kind te vind
wat toegedraai was in doeke in ‘n krip

wat Jesus Christus die saligmaker van die wêreld is

en ‘n menigte engele het verskyn
met hulle lied wat weerklink:
“eer aan God in die hoogste hemele,
vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae”
en die herders was met vreugde gevul
by die geboorte van die kind
wat sonder eie belang lief het

en rond en bont het hulle kuddes versprei

terwyl hulle sonder sorg gelaat was
toe die herders gegaan het
na die kind van God en die mens
en Hom vind in ‘n stal rondom potte van erdeware
en die verlossing van die wêreld het begin
terwyl hulle die goeie nuus versprei

en die wêreld het verander van wat dit voorheen was.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/op-kersfees
Gert Strydom


Gert Strydom is in 1964 in Johannesburg gebore. Hy het aan Estcourt hoër skool gematrikuleer waarna hy ‘n Baccalaureus graad in Bedryf Administrasie (B.B.A.) aan Andrews University (Berrien Springs, Michigan, VSA) behaal het en is ‘n rekenmeester van beroep.

Hy was opgeroep vir verpligte nasionale diensplig in die Suid-Afrikaanse weermag (SAW) vir ‘n tydperk van twee jaar gedurende die tyd van die grens / bos oorlog en terwyl hy sy beroep gevolg het was hy opgeroep vir verskeie verpligte kampe vir verskeie maande as ‘n lid van die Suid-Afrikaanse burgermag en het deelgeneem aan die Nasionale Vaandelparade en aan Oefening Excalibur.

Sy voorliefde vir gedigte was geprikkel deur sy oorlede pa wat Afrikaanse gedigte voorgelees het, as deel van sy nagraadse studies aan UNISA. Hy het ook terwyl hy in Pretoria woonagtig was die digter slyp skool by die Huis van Afrikaanse Poësie onder mentorskap van Prof. Ian Raper bygewoon, waar van die ander digters veral Ian Raper, Rosa Smit, Mandi Engelbrecht, André (Francois) Viljoen, Luchie Möller, Karlien van der Merwe en Jan Lourens ‘n invloed op die slyping van sy vermoëns het. Van sy Afrikaanse gedigte verskyn op hierdie Woes web blad en van sy Engelse gedigte op:

http://www.poemhunter.com/gert-strydom
http://www.poetfreak.com/poet/GertStrydom
http://www.mabooki.com/authors/157_Gert_Strydom.htm

Van sy Afrikaanse gedigte verskyn op:

http://www.woes.co.za/bydraers/besonderhede/gert-strydom

© Kopiereg: Gert Strydom vir alle gedigte, verhale, artikels, resensies wat aan hierdie web bladsy aangeheg is


Jy daar

Hoe lank het ek verlang
dat jy verdwaal in my verse,
daarin iets betekenisvol vind
dat jy saam met my

vir die lewe lag en huil
terwyl jy oomblikke in my gedagtes verwyl.


As ‘n digter

As ‘n digter wou ek die wonderlikste sinsnedes maak wat mense verstom,
woorde skryf wat ander mense harte aanraak en niks enigsins vermom
en versreëls neerpen wat vir ewig soos monumente staan
maar toe besef ek dat alles uit U hand uit kom.

© Gert Strydom



Totale stukke publiseer: 4,970
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 4,810