Op Woes.co.za onder Gedigte

Op 'n ander manier


Jy roer my diep binne,
met jou seine.
Beloftes van vlugtig
gedeelde passie ...
Ek smag na jou hitte
gevleg saam met myne,
Omkring en verswelg deur ons minne....

Ons voer mekaar na
verbode wonders ..
Van gevoelens en gedagtes ...
Weg van dae van min,
.. of klaar kom daar sonder ..

En met jou eensaamheid ook diep
.. maak ons mekaar
weer goed soos nuut,
bevredig die eg-mens se drange.
Sodat ons kan aangaan
.. met daaglikse gange.

Ons laat geen wette ons dikteer
Want wie sal vestaan
wat ons alles moet toesmeer,
en wat ons hitsig aandryf....
en dwing om te verkwik
die neigings in ons lyf.

Hier in die diepte van siel en hart....
ken ons mekaar se pyn en smart.
En dokter dit nog weer
...op ons mal en onsinnige wyse.
Verstaan mekaar – en vra niks meer.




Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/op-n-ander-manier
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251