Op Woes.co.za onder Gedigte

opstanding van die nommers

sewentien seksies wat brand
van genade is daar net ’n enkele teddiebeer oor; knielend
in die hoek- hy bid Onse Vader, laat U Naam
geheilig word -
my simbiose vervlak met elke slag
wat hulle teen die deure
skop
daar is die vyf, die ses, die sewe
en ek – my hande bewe, my mond kurkdroog
my brein lieg skaamteloos vir
my oë

my laaste hoop is in ’n blikkie
contents under pressure; do not spray near open flame;
do not puncture;
fok tog - in die kakste omstandighede sal
die burokrasie steeds
preek


____________________________________________________________

foto illustrasie: "shelter" deur Tertius Fourie

© T. Fourie (kopiereg voorbehou op skryfwerk, asook op die aangehegte foto)


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/opstanding-van-die-nommers-1410169545
Tertius Fourie

"There is in every madman a misunderstood genius whose idea, shining in his head, frightened people, and for whom delirium was the only solution to the strangulation that life had prepared for him". (Antonin Artaud)

Profielfoto: "gebreek" deur Tertius Fourie.

Ek behou kopiereg op al my skryfwerk en foto's.



Totale stukke publiseer: 143
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 329