Op Woes.co.za onder Gedigte

Pienk Oktober . . .

Baba pienk, dogtertjie pienk, blommetjie pienk
word skielik vir my kanker pienk.
My gunsteling kleur van kleintyd
kom dra nou ’n heel ander betekenis

sy verloor vir my haar sagte sjarme
en assosieer ek nou pienk met:
hartseer, pyn en lyding
en pienk is nie meer mooi.

Maar dan kom ons getroue Jesus
en gee vir my wit: maak my rein
van alle kwaad in liggaam
dan meng Hy ’n druppel van Sy bloed daarby
en dit word pienk, my gunsteling pienk

met groot respek
dra ek elke Oktober my pienk strikkie
net hier bokant my hart vasgespeld
want dis hier waar Jesus
die kleure vir my gemeng het.

28 Okt. 2009

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/pienk-oktober-1435443096-kansa-projek
Bets Bronkhorst

Meeste van my gedigte dra 'n unieke waarheid. 'n Storie wat vertroulik aan my vertel was oor 'n koppie tee. Ek noem hierdie gedigte "Spieelbeelde" want die verlede staar ons soms vol in die gesig.

Ek dank die Here vir hierdie gawe wat ek ontvang het. Om dit wat ek soms nie hardop kan se nie, wel op papier vas te le. Vir my gedagtes wat ver paaie met my stap, om dit wat kosbaar is te gaan haal. Ander se stories het my so geinspireer en my woorde gelei sodat ek hulle hartseer of blydskap in vorm van 'n gedig kan skryf, sonder dat hul bewus is daarvan. Ek deel dit graag met jou.

Ek behou natuurlik ook kopiereg om al my bydraes



Totale stukke publiseer: 286
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,183