Op Woes.co.za onder Gedigte

Pool Games


'n Mot fladder mal om die buislig
en valvlieg oor die groen vilt.
'n Swart punt ruk die gekleurde orde en
die vuil-wit ghoen word in die bondel gevang.

Die juke-boks skree van 'n motherfucker
en kaboutertjies sweef tussen
rookwalms en quarts in die halfdonker rond-
soek 'n tweerand vir nog 'n game.

Primordiale drange dring deur my wees,
verstoot my gees...
permueer my lendene
en lê my eties lam.

Wulpse donsdosies slang
op die ritme van 'n bier...
en die queen rol in die gat-
game over.

Dit proe na kots en wyn,
ruik ongewaswarmgoedkoop
en wek vigswesies
in dronk samesyn.

En die mot val in die bier...
poeierdans 'n doodsriel in die glas.
Al om en om en om en
dryf dan stil in die goue vog.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/pool-games
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17