Op Woes.co.za onder Gedigte

seun en skuit

jy is 'n skuitjie
soos 'n omgekeerde blaar wat sweef
op die stroompie streep onthou van jou
waar my dink aan jou gedompel leef

ek is die kind langs die stroom
ek hardloop deur die klitsgras en riet
(dis
net
'n 
blaar!)
uitasem. oorweldig. en daar waar my skuit deur die klippe versnel en my langste tree te kort meet
daar....gebuk...en agterna
vind ek dit was als verniet

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/seun-en-skuit
Voelverskrik

Ek skryf soos ek voel. Partymaal skryf ek soos ek sien.
As ek langer as 5 minute aan 'n gedig skryf weet ek ek jaag aan. Dit vat my gewoonlik langer om die gedig te plaas as wat dit gevat het om te skryf. Ek dink ek is my eie werk se grootste fan.

Partymaal loop goed uit wat so cool is vir my en dan lewer niemand kommentaar nie. Smaak verskil.



Totale stukke publiseer: 62
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 169