Op Woes.co.za onder Gedigte

‘ Skuus My Here

‘Hoe kan ek voor U kom staan
Hande leeg, siel en voete op eie baan .
Niks gedoen wat wat reg- loop betaam.
‘Skuus... my HERE ek voel so skaam.

Sal U ooit my berou kan sien.
Ek is so vol sonde en het niks verdien.
Doen altyd eers die verkeerde ding,
Groot spyt wat dit altyd later bring.

Weet tog dat ek nooit volmaak –
kan staan voor U.
net vol skyn en kwaad .
Opnuut van voor moet bieg.
En gedurig neig om terug te val,
Met elke oomblik van die dag –
My stryd teen Satan.
Sy engle- en die se bose krag.

MAAR – U leer my om op te staan.
U weer in die oog te kyk ..en
Biddend alweer te bedel –
Verstaan seblief die sondaar,
.. ek vra, NEE ek pleit ..vergewe!
Laat my toe om na JOU gaan.


LL






Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/skuus-my-here
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251