Op Woes.co.za onder Gedigte

slag

verwyder vleis; vermink die pigment wat
lewe ontwyk
kontempleer oor lemme wat vanuit die
hemel reën – anonieme moordenaars met
’n welbehae vir die vrot gort
tussen my hartkamers
iemand anders behalwe ek is die psigopaat – ’n ongewenste
enkeling met oë wat brand
van haat
’n bek vol geprop met gebruikte kondome
’n lewe ontneem van die dodemars – eenvoud
in sy mees gedetailleerde
sterwensuur

hande biddend saamgevou
nog geensins gereed om te laat gaan nie
mag iemand my tog genadig wees

ek val



© T. Fourie
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/slag-1390252297
Tertius Fourie

"There is in every madman a misunderstood genius whose idea, shining in his head, frightened people, and for whom delirium was the only solution to the strangulation that life had prepared for him". (Antonin Artaud)

Profielfoto: "gebreek" deur Tertius Fourie.

Ek behou kopiereg op al my skryfwerk en foto's.



Totale stukke publiseer: 143
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 329