Op Woes.co.za onder Gedigte

So moet 'n vrou wees

sy moet ’n geloof besit in tonne geweeg
vervangbare dele wat werk en beweeg
verskeie geliefdes gelyktydig omhels
’n drukkie gee en heel wat stukkend is
van ’n gekneusde knie tot ’n flenter hart

dalk ongelooflik met slegs twee hande
maar sy moet kan sorg vir liefdesbande
nie alleen moet sy positief kan dink
maar ook redeneer en onderhandel

daarby voeg ons ongelooflik sterk
probleme hanteer en veg vir waarin sy glo
nog een enkele formidabele kenmerk
swaar laste dra en ongeregtigheid beveg

sy omvou geluk, liefde en opinies
veg met glimlag in die voorste linies
as sy voel om te huil, moet sy kan sing
en in vrees ’n glimlag na vore bring

haar liefde moet onvoorwaardelik wees
haarself kan gee sodat familie oorleef
vriendin wat vrees na geneesheer neem
as haar moed haar soms begeef

sy moet kan huil as kinders presteer
gelukkig wees as vriende floreer
besef dat ’n kus gebroke harte kan heel
maar nooit haar werklike waarde vergeet
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/so-moet-n-vrou-wees-vrou
Evelyn van der Merwe

Ek is 'n introvert wat my skans teen die aanslae van die lewe. My Skepper stel ek eerste. Ek hou van houtwerk, kook en naaldwerk en is ouma van 'n tweeling. Natuur en voëls veral, lê my na aan die hart miskien omdat hulle sonder woorde kommunikeer.


SAPD Bejaardesorgfonds Sosiale Glansgeleentheid:
Ek het spesiaal ’n gedig geskryf, “Polisiepakkie” en voorgedra tydens ‘n sosiale glansgeleentheid wat deur die SAPD Bejaardesorgfonds aangebied is. Trevor Nasser het ook opgetree

ATKV Centurion bied  Kultuurprogram by Ger. Kerk Eloffsdal aan. 8 Junie 2013
Tydens hierdie geleentheid, het musikante gesorg vir opgewekte Afrikaanse musiek, waarna ek van my gepaste gedigte voorgelees het.
Die gehoor het sonder ophou applous gebied en dit was voorwaar nog een van my suksesvolle ondernemings.

      
Ek en Trevor Nasser:
Ek het ook al in verskeie konserte saam met Trevor Nasser opgetree, waar sy kitaarmusiek afgewissel word met die voorlees van my gedigte.  By een geleentheid moes ek my werk “Medalje vir Ma” voorlees wat onverwags ’n versoek uit die gehoor was.  Ek het die tweede strofe gehaal toe emosies my oorval het.  Na ’n paar sekondes het ek hervat net om te merk dat 90% van die gehoor ook in trane was.

Radio Namakwaland:
Dan het ek ook by twee geleenthede op die lug onderhoude gehad met Wynand van Radio Namakwaland.Die eerste was om Woes en Forum te promoveer en by die tweede geleentheid het Wynand een van my gedigte gekies om voor te lees.

Oorsese Blootstelling:
http://www.openlanguages.net/afrikaans/culture/op-afrikaans/literature/poets/evelyn-van-der-merwe/

Bydraes wat deur my gelewer word het nie noodwendig betrekking op my as persoon nie, maar ek probeer deur my pen vaslê wat tel.
Ek behou die @kopiereg op al my bydraes.



Totale stukke publiseer: 871
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,188