Op Woes.co.za onder Gedigte

Sol

'n Onvolleerde strewe
om Babel te ontwar.
'n Donker grype
om die hoe'res te begryp.
'n Eensame stem in 'n moeraswoestyn,
'n Vergeefse pleidooi
aan 'n Groot Wit Monoliet.
'n Profeet wel ter tale
elders beter verstaan.
'n Troste baken
vir ongekende moontlikhede.
'n Helder teken
van 'n dreigende gevaar:
die Groot Swart Monoliet.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/sol
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17