Op Woes.co.za onder Gedigte

Sonverduistering

In dieper dinge het beroering gekom
Oë geskreef teen die skryende son
Die meesterstuk geskep deur natuurhande
Sigbaar in menige lande
Filter jou strale, doof jou lig
Draai jou vuurrooi gesig
Verby gly die maan
Verdwaas bly die mensdom staan
So `n mooi toneel
Wat voor ons afspeel

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/sonverduistering
VLAKVARKIE

Ek is `n plattelander in murg en been. Baie lief vir die Noord-Kaap omgewing. Hier grootgeword en woonagtig in Olifantshoek.

Werksaam in die mynbedryf. Vir `n vrou is dit natuurlik `n heerlike aanpassing, maar vir `n plaasjapie vrou is dit baie opwindend.

Hoop julle geniet die skrywes en kan ook soms met dit assosieer.

Lewer gerus kommentaar op my werk, want dit inspireer my.



Totale stukke publiseer: 206
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 174