Op Woes.co.za onder Gedigte

Stil verstom:

Stil verstom
ek sien die son
in ootmoed het ek gekom
my neergebuig voor U troon
wou net eerbiedig kniel by U soom.

Stil verstom
stadig kyk ek op
ek wil nader kom
U liefde tel my op
ek sien my refleksie in U oog.

My trane het U afgedroog
U kyk met liefde op my neer
weg is al die seer
die refleksie is nie meer gebroke
nou ‘n kaleidoskoop mooi patrone.

Stil verstom
U het my nie verstoot
met liefde tel U my op U skoot
U het my vertroos
my dankbaarheid is so groot.

Stil verstom
kyk ek na my refleksie in U oog
ek sien ‘n kind in liefde gebaai
sou beslis dit nooit kon raai
dat U my sien – volmaak in liefde gebaai.



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/stil-verstom-projek-spieelbeeld-refleksie-2015-04-29-tot-2015-05-12
Esmarie Friedrichs

Ek was maar altyd lief vir skryf en veral vir gedigte skryf. Ons het op skool 'n Afrikaanse onderwyseres gehad wat ons as straf laat gedigte skryf oor temas wat sy dan vir ons sal gee wannneer ons nie ons huiswerk gedoen het nie. Vir lank het ek glad nie geskryf nie. In September 2014, het ek deur 'n baie traumatiese ervaring gegaan en op aanmoediging van twee baie dierbare vriendinne van my begin om weer te skryf. Van November 2014 tot huidiglik het ek al 'n hele paar gedigte geskryf en op Facebook, 'n hele paar kompetisies gewen, plek gekry en spesiale vermeldings gekry. Ek leer elke dag meer en meer. Ek plaas my gedigte op ± 43 verskillende Facebook Digblaaie om blootstelling vir my werk te kry. Hopelik sal ek dalk eendag die moed bymekaar skraap om dalk my debuut bundel uit te gee.



Totale stukke publiseer: 24
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 22