Op Woes.co.za onder Gedigte

Stilte



daar is n koue
wat ysig teen die gebeente lê
n kille verlatenheid
en binne jou breek dit – maar jy weier om te sê

daar is n gemis
na elke groet
n groter dors
wat snydend woed

daar is vrae
wat in stilte dwaal
en binne jou breek dit – maar jy weier om te sê
jy het belowe om my vir ewig lief te hê.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/stilte-1403098456
Padre de Lucio

Ek is n kniedigter.





Totale stukke publiseer: 59
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 162