Op Woes.co.za onder Gedigte

Stof tot nadenke

0 Allemagtige God, my Jesus!
As my gefrustreerde, onverteerde reste
uit my anale stroom,
raak my voete warm vannie modder.
En ek woekel my toontjies innie modder.
En ek rol my bruin innie modder.
En ek staan stink en bruin voor U
met 'n fallusgeknaterde lus om my klaar te pen.

'n Innate Jung-lus om u te dien, my Heer,
soos my getransfigureerde niggie.
Maar al brand ek houtskool
bly die louter weg
En ek bly vol modder.
Stink, bruin modder
en 'n ingedoke bek.
En ek stoot nog meer modder,
en die modder word droog.

En ek verstar in 'n Hoop,
en my verlosser bly weg.. .
en ek moet myself help
en ek sukkel.
En die modder word hard
en die modder word klip
en wie gaan my ooit uit hierdie rots losmoer?

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/stof-tot-nadenke-1-1
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17