Op Woes.co.za onder Gedigte

Tongvalle

Dis 'n lekka Nuwe dja
Als is nog stieds soe deemeka
Oldou os walsie mee innie Waalstratie,
Dis nog altyd 'n lekka kantrie.

Uit 'n volk geplant in goeie hoop
vloei hy langarmend al langs die lang kloof langs,
deur die Adamsappel van die hel se gat
en spu oranje tussen die basterblomme uit.

Oral waar hy dam, kraak sy walle
en deur die barste sypel sy pidgin
in helderduister stroompies
wat krioel van kreools.

Dis 'n lekka Nuwe dja
Als is nog stieds soe deemekaa
os walsie mee innie Waalstratie...
Issit nog altyd soe lekka kantrie?
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/tongvalle
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17