Op Woes.co.za onder Gedigte

tyd staan stil.

as ek by jou is
dan stop die klok

dim die son
hang die reen

briek die komeet
die maan vat n rus

die winterwind
huil nie meer nie

jy wag elke aand
want jy weet

ek kom elke aand
om by jou te wees
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/tyd-staan-stil-1424233303
BERG

Die lewe is hard realisties, ons kom nie weg van die elke dag se "grind" nie.   Na jare, het ek begin droom. Met my pen skep ek wêrelde. Ek skryf oor hoe mense die wêreld sien.  Dit is so maklik om in die modder van die limbo wêreld vas te val.  As jou kop skoon is,jou oog en jou pen is skerp en jou hart is reg,en passie is jou maat dan kan jy n wonderlike wêreld skryf en dit deel met hulle wat hoër kan vlieg en nie bang is .Jy is in beheer van jou toekoms.Ek is nie deel van die "crowd" nie, maar verkies om soos Jonathan Livingston Seagull eenkant hoër te vlieg.  Ek reis tussen die sterre.  Spend ’n naweek in die melkweg.  Hou ’n paartie.  Ons jive ’n vreemde streep in die maankrater DAAR is lewe op die maan.  Ons lag saggies en sê julle is reg! .  Maandag is ek op die aarde.  My wêreld waar ek kan beleef en droom.  Ek beleef en hanteer die werklikheid. Ek is op die top van die berg en sien die uitspansel.  Ek kan nie verder nie.  Die berg het opgehou, ek het die kruin bereik.  Ek besef die ewigheid lê nog voor. GOD gee nog berge om te klim. God gee lewe na die aardse dood.  Die een wat dit nie glo nie is op pad na die helse vuur. Die duiwel gee elke SONDAG ’n moerse braai, drank verniet, die sondaars stroom.My 4563 skrywes dra boodskappe oor. Dit is al 1,985,590.....;;;618,266 keer gelees op ...9\ 2 |2015.......24-12-2013. Afrikaans ons taal het baat gevind! Dit is lekker om te lag!.Om te deel
Groete, Attie van den Bergh
 



Totale stukke publiseer: 4,711
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 3,617