Op Woes.co.za onder Gedigte

Veertien klippies in 'n blikkie

Dissie speel met sy trokke in die sand
Hy stoot en skraap die grond oor die rant.
Pappa roep hom:
"Jy moet vinnig sitkamer toe kom!"

Dissie klouter op pappa se skoot
Pappa sê: “Dissie jy’s nou mooi groot!
Pappa se groot seun moet mooi luister
anders is Dissie in die duister.

Pappa moet Kaap toe gaan.”
Dissie, knip ‘n traan
Dissie se hart is seer
"Wanneer kom pappa weer?"

Dissie se mamma gee hom ‘n drukkie
En sê: “Wag ‘n rukkie!
Ek het ‘n plan!
Ons maak ‘n klippiekan!

Ons sit veertien klippies in die kan.
Gooi elke dag ‘n klippie in die pan.
Aan die einde van die nag
gaan Dissie lekker lag!

Want pappa sal terug wees
en vir Dissie stories lees."

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/veertien-klippies-in-n-blikkie-pa
Naomi Smit

Soos ons almal het ek ook stampplekke, kneus wonde en honderde littekens. Dis wat ons ontwikkel in wie ons op hierdie oomblik is. Skryf is vir my 'n geleentheid om daardie wonde en littekens heel te maak of net bo-oor te lag anders haal dit my in.

Ek is eintlik in my hart eerste 'n kunstenaar/skilder, noem dit wat jy wil en dan 'n skrywer. Ek dink die skilder laat my anders na woorde kyk. Ek sien prentjies eerder as woorde. Dis net so wanneer ek musiek luister, maak nie saak watter tipe musiek nie. Ek sien prentjies. O en kleure, baie baie kleure!

Die gedig oor Maskers het ek geel gesien en'n groot oop groen grasperk. Sien - prentjies en kleure!

Deel van my kunstenaarsdroom is om skilderye te verf wat met mense praat soos wat dit met my praat en te skryf om ander dit te laat belewe wat ek beleef. Andersins, skilder en skryf ek vir my heel wees, my gesond wees en my voorliefde vir dit wat mooi is.

Hoe word daar gesê? "Mooi was nog nooit lelik nie!"



Totale stukke publiseer: 46
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 110