Op Woes.co.za onder Gedigte

veldmusiek

Die seldsame geluid
van ʼn bromvoël in die vlei
en roepende fisante alom
met hul bekkies in die klei

Die gekoer van ʼn tortelduif
van ver die bosloerie se roep
krassend oor die strelende geluid
van ʼn eensame lemoenduif

Geluide wat my telkens laat verstom
oor die rykdom van musiek gewis
wat ons wêreld met vrolikheid verfris
in suiwer klanke weerklinkend alom

Die helder klokkielag van jou stem
spottend, tergend, dryf my in ʼn hoek
sny deur my hart met die boodskap

die vrede, rustigheid wat elkeen na streef
is slegs bereikbaar vir die wat ongetem
elke hoek en kant van die lewe ondersoek


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/veldmusiek-musiek
carolus

Eg Suid Afrikaans, boer in murg en been, hardloop ek die volgende dekade tegemoet, met dankbaarheid in my hart teenoor my Skepper vir `n vol en vrugbare lewe, en al die nuwe geleenthede wat Hy my skenk.



Totale stukke publiseer: 151
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 247