Op Woes.co.za onder Gedigte

Vir die afgestorwe Boer


Gee die boere sport -
Gee die boere braai -
Gooi vir hom 'n dubbel dop.
Los hom om te speel,
om die jolly-pot.

Vat weg -
sy godsdiens
uit skool en kerk.
Vat weg -
sy dryf vir sy werk.
Vat weg -
reels, rigting, beginsel,
Gee hom ‚n nuwe poletiek.

Smeer hom vet
en maak hom rond.
Paradeer hom soos 'n stoetbul rond
Laat hy hom verbeel,
hy’s baas en hy regeer.

DAN -
Vat jy vir jou - Boer
Sy vrou, sy seun, sy God
Sy volk
Sy land
Sy uitgediende roer



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/vir-die-afgestorwe-boer
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251