Op Woes.co.za onder Gedigte

Vir Ma.

Mamma, ek het soveel om voor dankbaar te wees.
En is dit nie te laat om dit te lees.
‘n Moeder uit God’s hand gegewe.
Die voorreg in my hele lewe.

As die gryser hare die swart verstik
En die lewens jare my binneste ruk.
Dae vol kleur en herhinnering
Alles weer na my terug gebring.

En vra ek nederig o, Vader!
Soos die jare al meer vergader.
Dat U haar sal veilig hou.
En U haar met U liefde toevou!

Die wereld en al sy dinge...
Het ons ook soms ons struwelinge.
Ma het my in u trane gedra.
Net dit wat goed is in u gebede gevra!

Is ek as ouer dalk ook bang,
As ek die laste besef, aan u skouers gehang!
Het ma my elke dag aan God op gedra.
En wat kan ‘n kind dan meer vra?

Swel die emosie my binneste vol.
Sal die trane oor my wange rol.
En ek na ma verlang,
Gaan die lewe ongesteurd sy gang.

Nie een van ons kan dit keer,
Ons is nie in beheer!
Al wil ons tyd terug draai...
Die toekoms kan ons net raai...

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/vir-ma-1449811030-projek-liefde-2015-12-09-tot-2016-01-05
Manie Jackson

Manie Jackson - nie die sanger nie, nee, die skrywer, afrikaanse digter. (Hermanus) Manie Jackson is gebore en het groot geword in Pretoria. Wonderboom om presies te wees. Matrikuleer in 1995 aan die hoerskool Overkruin. Daarna verwerf ek n Landbou diploma aan die Technikon van Pretoria. 1996 en 1997 het ek in die a Capella koor gesing. Ek het n paar jaar geboer, en het toe na die konstruksie lyn verskuif. kwalifiseer later as n Profesionele "Lifecoach" en my BA in Beroeps veiligheid (HONS). Ek is in 2002 getroud met Luzette Liebenberg. en ons is die ouers vandag van 3 pragtige seuns. en woon nog in Wonderboom Pretoria. Terloops, ek wardeer komentaar op my werk baie, en behou koppiereg op al my werk.
My digbundel - Geweeg en my en Luzette Jackson - my vrou se bundel - Kruispad - is beskikbaar. kom kuier vir my op Facebook of Twitter! ook n bevooregde bydraende digter in die oorlogs digbundel " Nubes Belli " en die KANSA bundel " Brose Genade ".



Totale stukke publiseer: 141
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 170