Op Woes.co.za onder Gedigte

Vir Nomfundo

Swart oë deurboor die vlietende nag
Sweetpêrels verstrengel ‘n beangste keelskag
Agter lê ‘n moeder se warm lag
Voor net die onbekende wat wag

Sy stem lok met heuningtone
Beloftes die boustene van my drome
Ek skeur my los van bekende roksome
En spoed voort na ‘n stad vol demone

Skerp is die wind teen my wang
Sy priemende stiltes maak my bang
Duisend siele druk teen my aan
Terwyl ek weer en weer die foon ophang

Wagtend. Bewend. Trane smerend.
Wie sal my lei na waar huis en haard gedy?

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/vir-nomfundo
SK8P

Ek skryf. Vir myself, vir mense wat ek ken, nie ken nie, oor alles en nog wat. Dis al.



Totale stukke publiseer: 10
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 5