Op Woes.co.za onder Gedigte

Visvang

Jy sê daar’s baie visse in die see
Ja, ek stem saam daarmee
Maar ek was nooit goed met visse versorg
Elkeen van hulle het gou gevrek

Het daardie reputasie my vooruitgeloop
En my so van jou liefde gestroop?

Miskien moes ek my ma se raad volg…

‘n Dammetjie bou om jou in te hou
Dan sou ek kon swem daar saam met jou
Maar hoe kan ek jou so wil inperk?

Ek wil sien jy’s gelukkig en bly
Daarom stel ek jou vry.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/visvang-1453875164-finale-projek-op-woes-afskeid-2016-01-06-tot-2016-02-07
TK

Het waardering vir die diep dinge in die lewe en 'n volbloed "hart-mens". Kan soms lank oor dinge filosifiseer, romantiseer en fantiseer en druk dit wat my pla maklik in woorde uit.

Sommige van my skrywes dateer uit my tiener dae (ek het in Std 6 die pen nader getrek), maar het na skool die pen bietjie laat rus. Die nuter werke is skeppings vanaf ongeveer 2010.

Ek behou kopiereg op alle gepubliseerde werk. Moet asb nie enige werk van my op Facebook, Twitter of enige ander sosiale netwerk bemark nie, want dit kan my van kopiereg ontneem.



Totale stukke publiseer: 66
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 85