Op Woes.co.za onder Gedigte

vlerke van verlossing


Ek sidder
voor die woorde
van verdoemenis – die skeldnaam
wat ’n diagnose aan
my gee.

Ek wankel
in woede wanneer
hulle wat dink dat hulle verstaan
leë woorde in my gesig
smyt.

Ek spartel
in ’n rivier van smart
wanneer hierdie monster wat
my van binne verteer
my laaste bietjie geluk
met wanhoop
kontamineer.

Maar wanneer ek
in die leemtes van
finale ondergang
gewerp word

is daar skielik ’n
helder lig
en val ek saggies op
die rug van ’n arend
wat my
triomfantlik
bo die diepste duisternis
laat uitstyg.




© T. Fourie


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/vlerke-van-verlossing-kansa-projek
Tertius Fourie

"There is in every madman a misunderstood genius whose idea, shining in his head, frightened people, and for whom delirium was the only solution to the strangulation that life had prepared for him". (Antonin Artaud)

Profielfoto: "gebreek" deur Tertius Fourie.

Ek behou kopiereg op al my skryfwerk en foto's.



Totale stukke publiseer: 143
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 329