Op Woes.co.za onder Gedigte

Vrede

Is ons dan te besig
om ons liefde te bewaar
soms afwesig
al is ons daar

Loop ons die gevaar
om mekaar te verloor
weeg alles soms te swaar
kan ons nie meer bekoor

In die dolle gejaag
het ons ons wese verbrand
om ander te behaag
ons geluk verpand


Kom ons maak 'n keuse
om vrede te vind
met ons hele wese
die onreg te bind

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/vrede-1429432783
Gerhard Johannes Goosen

Ek is 'n diep denker, met 'n hart vol deernis vir ander. Dit is vir my baie hartseer om te sien hoe mense swaarkry. En dan wens ek, ek het die vermoë gehad om die wêreld te verander.

Ek geniet dit om te skryf en sodoende uiting te gee aan my gevoelens. Ek dink Woes is 'n wonderlike plek waar mense mekaar se skryfwerk kan lees en meer omtrent mekaar se binneste kan ervaar. Ek hoop dat dit wat ek skryf vir iemand iets sal beteken.

Die ouderdom het al sy merk gemaak, maar ten minste is ek jonk van gees :-)

Ek behou kopiereg op al my bydraes.



Totale stukke publiseer: 136
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 352