Op Woes.co.za onder Gedigte

Vryheid en motorbaaik ry

Enjin brul –
‘n klank
‘n eie wil.

Beloftes van
Vryheid
Adrenalien
Bitter smaak
In jou mond
Polse in hoogste rat
Krag gevoel
wat woel
onder jou gat.

Pak die bul
aan die horings
Draai sy oor
voel ’n koning

Getroue slaaf
Vat jou ver
Vinnig
Vry...
Tot waar
jy wil bly.

Ontsnapte ...
Tyd gegun
jong te voel
Wind op jou
vel hemels, koel
Rebel !
vir 'n doel

Jy en jou perd
By mekaar
Hier is
geen snert,

Verstaan mekaar
Vra niks meer,
as vry wees
die kortstondig
ontsnapping van gees.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/vryheid-en-motorbaaik-ry
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251