Op Woes.co.za onder Gedigte

Wat nou ! Suid-Afrika?


Oorweldig is ons dae,
met oordonderend dinge
Soms net te veel gevrae,
Aanslag op ons sinne.

Geluk vals jolyt en plesier,
’n glimlag of traan
Die aalwynbitter, die suur.
onvermoe om als te verstaan.

Sinnelose gebeure-
Verwarring, en die chaos!
Lewe en dood, ou swere.
’n geveg om oorlewing.

Emosies aanhoudend getreiter.
Oorhaastig gemaakte besluite
Dalk onder druk, verkeerd geuiter.
Gedwonge, totaal gemisluk.

Afsluit tyd is nodig.
Opkrul terug in foetaal.
Wegkruip van die gespuis.
Voel hier verlore,oorbodig
Wil wegbreek van die gedruis,
terug gaan na my skoothuis -
Ek ken jou NIE so -Suid-Afrika.

LL

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/wat-nou-suid-afrika
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251