Op Woes.co.za onder Gedigte

Weet jy?

Weet jy dat jy het 'n plekkie in my hart ingedwing
Weet jy dis jou drukkies wat vir my die grootste vreugde bring
Weet jy dat ek jou somtyds mis
Weet jy dis jy wat die vuur in my blus?

Weet jy dat ek my arms om jou wil vou
Weet jy wanneer jy seer het huil ek vir jou
Weet jy dat selfs wanneer ons vir dae lank nie praat
dat jy 'n gevoel van vrede by my laat?

Weet jy dat dis jy wat my donker gemoed ophef
Weet jy ek gee meer om as wat jy ooit sal besef
Weet jy dat ek wens jy kon dieper kyk
Weet jy dis soveel anders as wat dit dalk lyk?

Nou wil ek net vra of weet jy...
Weet jy dat jy is die rede hoekom my hart verbly
Daar is soveel goed wat ek wens jy het geweet
Weet jy daar is somtyds dinge wat aan my vreet?

Weet jy dat ek somtyds net wil hê jy moet my aanraak
Weet jy dat ek somtyds speel dit maak nie saak
Weet jy hoe verward laat jy my voel
Weet jy ek sê nooit iets sonder om dit te bedoel

Ek kan nie meer aan woorde dink wat rym
Alles klink skielik vir my so lame
Miksien wil ek jou net 'n laaste maal vra
Weet jy?

Weet jy dat ek vir jou meer omgee as wat ek moet
Weet jy jy is my gunsteling hallo en my moeilikste groet
Weet jy enigsins hoe ek oor alles voel
Weet jy hierdie gedig is net vir jou bedoel?



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/weet-jy-1433756942
Marthie-Lize Thomas

Lees asseblief my bydraes en lewer gerus kommentaar-positief of negatief-op die ou einde is dit hoe ons leer. Skrywers moet voortdurend daarna streef om hul talent te slyp en hulle skryfstukke te verbeter. NS-Ek behou kopiereg op al my skryfstukke



Totale stukke publiseer: 40
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 44