Op Woes.co.za onder Gedigte

Wisselkoers berekenings

Ons skommel syfers en dink so moet berekenings lyk,
op ‘n blad vol formules wat nêrens afwyk nie.
Terwyl die baas ons werk bekyk,
wil sy byna beswyk
en skommel sy syfers om ‘n ander prent te maak;
want sy dink so moet syfers wragtig lyk
om haar eie waarheid nie aan te raak nie.
Dit is net te pragtig
want formules en getalle kan mens telke male
oor bereken en nogtans sal dit net beteken,
dat ware syfers nooit kan lieg nie
en ook nie kan bedrieg nie
en hoe jy dit ook bekyk
sal dieselfde syfers altyd net dieselfde bly lyk.

As jou baas nie van jou syfers hou nie
en al laat sy dit ook oudit
en al skommel jy ook syfers vou dit nooit nie,
as jy by ware berekenings bly.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/wisselkoers-berekenings
Gert Strydom


Gert Strydom is in 1964 in Johannesburg gebore. Hy het aan Estcourt hoër skool gematrikuleer waarna hy ‘n Baccalaureus graad in Bedryf Administrasie (B.B.A.) aan Andrews University (Berrien Springs, Michigan, VSA) behaal het en is ‘n rekenmeester van beroep.

Hy was opgeroep vir verpligte nasionale diensplig in die Suid-Afrikaanse weermag (SAW) vir ‘n tydperk van twee jaar gedurende die tyd van die grens / bos oorlog en terwyl hy sy beroep gevolg het was hy opgeroep vir verskeie verpligte kampe vir verskeie maande as ‘n lid van die Suid-Afrikaanse burgermag en het deelgeneem aan die Nasionale Vaandelparade en aan Oefening Excalibur.

Sy voorliefde vir gedigte was geprikkel deur sy oorlede pa wat Afrikaanse gedigte voorgelees het, as deel van sy nagraadse studies aan UNISA. Hy het ook terwyl hy in Pretoria woonagtig was die digter slyp skool by die Huis van Afrikaanse Poësie onder mentorskap van Prof. Ian Raper bygewoon, waar van die ander digters veral Ian Raper, Rosa Smit, Mandi Engelbrecht, André (Francois) Viljoen, Luchie Möller, Karlien van der Merwe en Jan Lourens ‘n invloed op die slyping van sy vermoëns het. Van sy Afrikaanse gedigte verskyn op hierdie Woes web blad en van sy Engelse gedigte op:

http://www.poemhunter.com/gert-strydom
http://www.poetfreak.com/poet/GertStrydom
http://www.mabooki.com/authors/157_Gert_Strydom.htm

Van sy Afrikaanse gedigte verskyn op:

http://www.woes.co.za/bydraers/besonderhede/gert-strydom

© Kopiereg: Gert Strydom vir alle gedigte, verhale, artikels, resensies wat aan hierdie web bladsy aangeheg is


Jy daar

Hoe lank het ek verlang
dat jy verdwaal in my verse,
daarin iets betekenisvol vind
dat jy saam met my

vir die lewe lag en huil
terwyl jy oomblikke in my gedagtes verwyl.


As ‘n digter

As ‘n digter wou ek die wonderlikste sinsnedes maak wat mense verstom,
woorde skryf wat ander mense harte aanraak en niks enigsins vermom
en versreëls neerpen wat vir ewig soos monumente staan
maar toe besef ek dat alles uit U hand uit kom.

© Gert Strydom



Totale stukke publiseer: 4,740
Totaal kere gelees: 1,387,914
Totaal kommentaar: 4,732