Op Woes.co.za onder Gedigte

Wraak het nié ń naam nie

Gesigloos
Naamloos
stormwinde waai woes
Wortels van kwaad
aan verbrokkelde
fondasie vasgeroes.

Haatsugtig
Wraaklustig
Verlore ń stryd
wat dekades al woed!
Onvermeidelik die feit...
die smaak daarvan
kortstondig soet.

"Emosie erosie"
letsels wat bly...
wraak is geen troos nie
net ń psigotiese illusie,
om nederlaag
na oorwinning te lei!

Gesigloos
Naamloos
Verstaan en vergeet
Gewetenloos die gif
wat van binne af vreet!
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/wraak-het-nie-naam-nie-letsels
Loretta Szikra

My naam is Loretta Szikra. Ek is n plaasmeisie van die Laeveld en is mal oor die natuur en die skoonheid, stilte, vrede en bekoring wat dit bied. As ek my sin kon kry, het ek wraggies soos Jopie Adam in die middel van die bos gewoon, weg van die stad se gejaag en al die lelik waaraan dit ons blootstel. Ek skryf oor hoe ek voel...hier en nou en weinig van my werk is fiktief. Alles spontaan uit die hart! Ek dig meestal oor die liefde. Dit is waar die meeste van my kreatiwiteit vandaan kom. Die enigste manier hoe ek van my gevoelens en ongespreekde woorde onslae kan raak, is deur te skryf en te skilder... Dit hou my "sane". Ek werk daaraan om binnekort my eerste boek vry te stel. Dit is iets waaroor ek al lankal droom! "When power leads man toward arrogance, poetry reminds him of his limitations. When power narrows the area of man's concern, poetry reminds him of the richness and diversity of existence. When power corrupts, poetry cleanses". John F. Kennedy.
Ek behou ©kopiereg op my werk.



Totale stukke publiseer: 142
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 452