Op Woes.co.za onder Gedigte

X-sodus

Suid Afrika ! Afrique de Sud.
bodem vir woelinge
strewe -
uhuru van
swaarkry, sweet -
verdrukking se sweep.

Afrikaner -
paspoort vir vry bly –
Vasgoed gekoop, verdien
met oorsprongsbloed
‘n kaia, my oase.
Sal ek jou kan verruil ?
vir Mammonsgoed.
die gier - ’n vinnig dollar.

My naelstring,
- mentaliteit,
- melancholie.
ovum van jou.
Tru-Asiel ! -
Van ver hoor ek -
jou na my roep.
Eien jou sein.
Peep ...
pe...
p...



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/x-sodus
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251