Op Woes.co.za onder Gorrel

sien is glo

In die lewe ervaar ons almal teenspoed en moeilike tye. Ons moet voortgaan met ons dag tot dag stryd, en op die een of ander manier probeer deurdruk. Probleme duik die heeltyd op, en ons moet hulle aanpak. Party mense kan nie die skynbaar sinnelose stryd vir die lewe hanteer nie, terwyl ander alle hindernisse op hulle pad oorkom. Wat is die verskil tussen die twee? Dis eenvoudig – voor jou; in jou geestes-oog, sien jy of n probleem – of jy sien n oplossing. As jy deur die lewe gaan en jy sien niks behalwe probleme en teenspoed langs die pad nie; is dit presies wat jy sal vind. As jy kyk vir oplossings pleks van probleme, sal jy nog steeds van tyd tot tyd opdraande ent teleurstellings hê, maar jy sal hulle soveel beter kan hanteer. En wie weet; deur te soek vir oplossings, vind jy dalk een of twee deurslagewende antwoorde in jou lewe. Dit lê alles in die groter besef…

'Whether you think you can, or think you can't...you're right.' Henry Ford

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/155622-sien-is-glo
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121