Op Woes.co.za onder Gorrel

SPOOK

Toemaar, julle kan ontspan, of eintlik ook nie. Dis nie Linda se spook wat pla nie.
Wees gewaarsku. Hier gaan binnekort 'n Riller van alle Rillers verskyn.
Ans het my uitgedaag om 'n riller saam met haar aan te pak en te skryf. So het ons aan die werk gespring. Ans het begin, vir my gestuur, en ek het aangelas. So het die e-posse tussen ons oortyd gewerk. Aanpassings en verstellings is gedoen. Misverstande was daar baie. Op 'n stadium was ek so meegevoer dat daar skielik 'n derde persoon in manlike vorm verskyn het, en die hele storie gaan oor twee vroulike wesens.
Soms het Ans my so behoorlik in 'n hoek geskryf dat ek net kon dink hoe ek die hoofkarakter ooit daar gaan uit kry nie. Soms het ek haar kop behoorlik laat uithaak. So het ons kort, lang verhaal, of as jy dan wil, ons lang kort verhaal begin by die geraamte, wat so stadig maar seker vleis en later ook vet aangekry tot ons eindelik die hele liggaam kon bou.
Wat 'n ondervinding was dit vir my! Ek wat minder van dig of skryf weet as 'n kat van saffraan.
Ek gaan niks verklap nie. Ons hele poging is om julle, ja jy wat nou hier lees, aan te moedig om ook op Forum in te klok. Eers was ons geweldig besig daar maar stadig maar seker het die spoke almal verdryf tot ons deesdae basies ner 3 is wat nog daar gesels. ASSEBLIEF, help ons om daardie spoke te verdryf.
FORUM is so 'n lekker plek waar ons oor alles en wat sommer net gesels. Daar is foto's, resepte, Christelike onderwerpe en wat nog alles. Te veel om op te noem. Elkeen gee sy mening. Ons verskil soms van mekaar, baklei soms lekker, maar word nooit werklik kwaad nie. Elkeen is mos geregtig op sy eie mening.
ASSEBLIEF kom loer in en begin saam gesels.
Laaste maar defnitief nie die minste nie. GROOT DANKIE Ans vir jou uitdaging en voortdurende aansporing as ek wou tou opgooi. Ek het geweldig baie geleer uit hierdie poging en ek sien werklik uit om wwer iets saam met jou aan te pak. Jy het my soms teen die mure uit gedryf. Soms wou ek jou "delete" en net uit my lewe kry. Dankie dat jy nie moed opgegee het nie. Of ek regtig 'n kort verhaal op my eie sal aandurf weet ek nog nie, maar ek sien kans vir nog 'n poging saam met jou Juf. Rottermeier!! Dankie Ans. Lief en waardeer jou.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/162759-spook
Jan v.d. Merwe

Ek is Jan v.d. Merwe. Ek noem myself ook 'n "Boelandse Capy" omdat ek in die Paarl groot geword en skool gegaan het. Is al die afgelope 34 in Gauteng, waarvan ek en my vrou die laaste 24 jaar in Springs woon.Ek het twee seuns en 'n dogter en is die trotse oupa van 7 eie en'n pasella tweeling kleinkinders!
Ek doen koerierwerk vir 'n bekende firma in Delmas. Dis wanneer ek soms ver paaie, soms naby ry, dat die Here met my praat en waar HY ook male sonder tal, my op die heel laaste oomblik van 'n gewisse dood gered het.
Ek is geen digter of skrywer nie. Ek vertel maar net soos ek dinge ervaar.



Totale stukke publiseer: 748
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 3,424