Op Woes.co.za onder Gorrel

Ek belowe

Ek belowe om – al is dit net vir die week – nie lelik te wees nie ( al het ek meer as duisend redes) sal ek nie en gaan ek nie . . .
Ek gaan ook nie lelik wees deur op die kritici se tone te trap oor hulle arme Pollard beskuldig het dat hy nie met kort skoppies die bal vir die Bokke gegee het nie.
Dis eintlik deur hom dat die Bokke verloor het.

Soos dit ‘n arm man betaam, het ek nie Dstv nie en moet ek maar met my PM9 radiotjie alles aanhoor.
Dit saak nie maak want ek kan my mooi verbeel.

Pieter van den Berg met sy (soms) lastige helpertjie het vertel wat hy (hulle) sien.
Die wedstryd was Australië teen Argentinië. Pieter het homself dwarsdeur die wedstryd geknoop met wie is wie en wie is waar maar hulle het wel mooi vertel dat
Die Ref was stok blind teen die onkant van die Aussies
Die skare boeee en baaa laat dit dawer in die agtergrond, maar hy, die Ref. het net so af en toe - om hulle (Arg.) te help, wel ‘n onkant strafskop toegedien.

Beide die All Blacks en Australië is op die aller fynste afgerond, afgerig en bekwaam in . . .

Wat die meeste oor Pieter se lippe kom is:
Daar lê ‘n Argentein
Daar bloei ‘n Argentein
Doeeerrr lê ‘n Argentein
Daaar gaat ‘n Argentein van die veld af – dis net bloed op die gesig.

Ek het later nie meer skottels en lappe vir al die Argenteine se bloed en stukkend nie.
Anita skop my in die ribbes toe ek met die bier in die hand op die sitkamer mat rondkruip en net bloed opveeg en oor my skouer vra vir lappe!

Hokaai, ek het belowe.
Maar – askuus vir die wals – maar my ma wil weet
Hoekom neuk die Argenteine mekaar dat die bloed so loop?

Vete . . .
Wie het die woord uitgedink?
Rugby is sommer shit – ek het al drie kilogram opgetel van net biltong en bier en lappe kou !

Maar komende naweek se vete WIL ek aanskou
Die oer oue vete tussen die Wallabies en die All Blacks !

HKGK .
Daar is Rugby nie sports nie –
No Ways
Rugby is ‘n Geloof ding!

Ek het my bier en dik biltonge reg!

Maar – stop eers die lorrie !

Hoekom belowe ek???
Wragtag – op my ma se graf!

Ons kyk almal met toe oge BOONTOE !

Omdat

Dis Chellie se tyd - Vrydag die 29 ste Oktober !

Hier in Potchefstroom met haar uiters bekwame Ma en Suster om oor ( die STER van 'n man) Dokter Hentie se skouer te loer . . .

Hy sal heet:
Christiaan Mauritz van den Heever !
Ons glo en vertrou en WEET alles sal goed gaan

Daarom
Daarom sal ek net mooi wees hierdie week !

Thanks

2015/10/25

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/164042-ek-belowe
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998