Op Woes.co.za onder Gorrel

Verleentheid

Sommer net so 'n kort ietsie wat ek met julle wil deel.
Dink, en dink twee maal voor jy praat.
Die anderdag staan ek en 'n paar van die "maintenace team" by die stoor waar ek werk, en gesels. So praat ons oor die verskillende myne waar hulle gereeld moet onderhoudswerk gaan doen, en waar ek ook gereeld gaan aflewerings doen.
So gesels ons in die algemeen oor die verskillende mense in beheer op die verskillende myne. Op die een spesifieke myn is 'n baie nors en stuurse man in beheer. Hy doen jou eintlik een hengse groot guns as hy die slag op kyk en jou groet as jy sy kantoor betree. Ewe groot bek se ek ja, daai ou is darem maar 'n regte ou suurknol en dat ek tog volgende keer vir hom die soetste soet lekkergoed wil gee. Dalk, net dalk verander sy surigheid en word hy vriendeliker. Een ou skop amper my maermerrie af. Dit is X, ook in die geselskap, se pa!!!!
Berge val op my. Aarde skeur oop en sluk my in.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/164868-verleentheid-spyt
Jan v.d. Merwe

Ek is Jan v.d. Merwe. Ek noem myself ook 'n "Boelandse Capy" omdat ek in die Paarl groot geword en skool gegaan het. Is al die afgelope 34 in Gauteng, waarvan ek en my vrou die laaste 24 jaar in Springs woon.Ek het twee seuns en 'n dogter en is die trotse oupa van 7 eie en'n pasella tweeling kleinkinders!
Ek doen koerierwerk vir 'n bekende firma in Delmas. Dis wanneer ek soms ver paaie, soms naby ry, dat die Here met my praat en waar HY ook male sonder tal, my op die heel laaste oomblik van 'n gewisse dood gered het.
Ek is geen digter of skrywer nie. Ek vertel maar net soos ek dinge ervaar.



Totale stukke publiseer: 748
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 3,424