Op Woes.co.za onder Gorrel

Horlosie Heel-Al

Die heelal, wat sonder begin of einde is, werk soos die binnekant van n duur Switserse horlosie. Die dryfveer agter hierdie ganse skepping staan bekend as ‘Die Oer-Knal’. Elke planeet en konstelasie maak deel uit van die ontelbare ratte en wiele wat eindeloos en perfek saamdraai ten einde n groter doel te verrig. Alles werk saam vir n groter rede. Elke oomblik is perfek bereken; elke geboorte en strefte – elke lewe. Alles is harmonie en balans. Alles is tydsberkening. n Droom of n masjien? En steeds draai dir ratte ewig; sekonde vir sekonde, en uur vir uur. n Meesterstuk van vakmanskap deur die groot Switserse Klokmaker daar Bo…
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/horlosie-heel-al
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121