Op Woes.co.za onder Gorrel

Kosbare kleinode

Was dit nou 'n missie om te besluit in watter kategorie ek die skrywe moet plaas. Kon darem so half en half 'n besluit neem.

So 4 jaar en 'n paar maande gelede het 'n klein mensie hom by ons aangesluit. Ons het oupa en ouma geword.

Alhoewel ek nie 'n bang mens is nie, was ek nie meer gewoond daaraan om met klein mensies te werk nie en het die klein rakker so broos gelyk dat ek skoon bang was om hom in my arms te hou. Dis amper soos om 'n meisie vir die eerste keer vas te hou. Jy weet nie regtig wat om te doen of te se nie.

Gou gou het dinge egter verander en kon ek sien dat die mannetjie baie innemend is. Ek het hom gewys hoe om te kruip en met bietjie hulp het ons mekaar weldra deur die huis gejaag. Hande viervoet natuurlik. Altwee van ons. Dit was groot pret.

Was ek nie trots toe die klein rakker se eerste word "oupa" was nie. Nooit het dit eers in in my gedagte opgekom dat so iets sal gebeur nie.

Nooit het ek gedink dat iemand so diep onder my vel sou inkruip nie. Natuurlik was dit ook so met ouma. Sy kon nie ophou pop speel nie.

As gevolg van baie dinge het ons maar veranderinge aan die huis aangebring en 'n woonstel het die lig gesien waar hulle kon bly.

Gereeld is die klein krokodil (sy bynaam om dat hy sy tande sommer so twee-twee gekry het en op 'n jaar al sy tandjies gesny het)by die venster en roep vir oupa of ouma. Wanneer jy antwoord, vra hy of hy kan kom koffie drink of kan kom kuier (Gewoonlik meer by ons as by die huis) Maar maak nie fout nie, hy is life vir ma en pa natuurlik ook.

Vandag is hy al vier jaar en drie maandjies oud.

Januarie 2014 het hy 'n nefie geword. Skielik moet hy nou ouma se skoot deel. Wat 'n stryd om die twee te orreed dat ons 'n plekkie het vir hulle altwee.

Speel hy en ouma die ander aand met sy karretjies in die sitkamer. Natuurlik kom alle lekker dinge ook maar op 'n einde en is dit tyd om huistoe te gaan. Ouma moet maar altyd plan maak om dit op so manier te doen dat daar ie 'n tranedal is nie. Uiteindelik is hy oorgehaal en gereed om huiswaarts te keer. Kom gee hy vir ouma 'n drukkie en se: "Toemaar ouma, ek sal moreaand weer met jou kom speel, moenie worry nie".

Soveel tyd sit ek en dink hoe vining die tyd verbygaan en ons nie altyd ag slaan op die kosbaarhede wat ons geskenk is nie. Onwillekeurig kom die gedagtes van al die segoed en dingetjies wat hulle doenby my op, dan kry ek som sommer so beklemming en 'n heimwee hier om die hart om te dink dat hulle groot word.

Wonder ek soms wat gaan van hulle word, hoe gaan hulle wees as tieners, ouers ens?

Ek gaan nou meer tyd maak om mt klein Krokodil en Jakkals, weer meer tyd te spandeer soos in die gisters.

Klein bondeltjies liefde wat 'n groot plek in mens se lewe inneem. Kosbare liefde

Dit was die eerste bydrae wat ek gelewer het en hoop dat ek dalk vorentoe meer tyd kan maak om so iets te doen.

Groetnis tot later.



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/kosbare-kleinode-kosbaar
SeeSe



Totale stukke publiseer: 1
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2