Op Woes.co.za onder Gorrel

LAG EN HUIL VIR DIE DAG

Dit is ‘al weer’ sulke tyd.
Weer ’n ‘geklapte’ ou wat oortuig is:
“Vrydag, oormôre! (21/11/11 ) pas op, DOOMSDAY!”

Vat jou liniaal - 300 mm lang een – een voet in die ou taal.
Staanmaak dit op die grond.
Hou jou hand bokant dit, haal dit onder jou hand uit en sit dit bo-op jou hand staan-staan.
Verplaas die hou hand en hou dit nou op die verdere hoogte.
Die hou hand is nou twee liniale hoog bo die grond – 600 mm (twee voet)
Laat iemand ses blokkies ( 6x1kg) Rama Margarien, langsaan neer sit.
Wat jy sien is ’n mens!
600 mm hoog en weeg ses blokkies Rama se gewig
Sy is ’n 15 jarige pragtig, volmaakte meisie.
Die kleinste mensie op Aarde!
Nogal heel mooi ook!

Heidelberg, Transvaal – Gauteng.
Die AGS kerk word aangehaal. Ek weet nie of hulle die borge / verantwoordelike organisasie, is nie
Helena Jackson, Direkteur van die Uitvoerende Welsynsraad se kinder afdeling.

Ek praat van ’n Weeshuis in Heidelberg.
Monsters; Ernst de Witt en sy 1000x erger Daisy de Melcker vrou. Verona de Witt.
Wat hierdie twee monsters in hierdie weeshuis met die kinders aanvang, kon Alfred Hitchcock nie eers van droom nie!
Die briefie wat een kind vanuit hierdie Hell Gat geskryf het. Haar pynvolle hulp kreet na : IEMAND DAAR BUITE !

Helena sê: “ Ons het hulle- hierdie de Witt monsters- al in 2010 ‘gewaarsku’ om nie die kinders so te martel, pynig….nie!”
Kyk na hierdie twee gedrogte se foto’s. Kyk mooi, soos ek deur my trane en snikke.
Sien. Sien Frankenstein se drog maaksels!
Ek wil graag sien hoe lyk hierdie Helena en haar ‘raad’ se gesigte; Se oë!
Bestaan daar ’n kamera wat in staat is om die foto te neem?
KERK?

UFO…
OK. My plek is glo al bespreek.
‘Plek van veilige bewaring’

Ek het nou die dag geskryf van :
“Lewe daar buite.”
7 Augustes. Treverton Prep, Mooirivier, KwaZulu-Natal
Die kinders sien dit.
East Coast Radio word gebel:
“Hier sweef ’n ronde ding wat blou gloei en baie groot is.
Daar hang dit nou stil.
Daar trek dit weg
Teen afgryslike snelheid.

Dertien minute later.
Shelly Beach – 187 kilometer vêrder.
Sweef dit en die mense sien dit.
Wwwroemmmm…!
Verskiet dit die blou hemelruim in.
WEG …?
Nee.
Mount Klyuchevskaya Sopka, Rusland.
Die ding kyk hoe lyk die wêreld daar!


Dankie.
Ek het niks verder te sê nie.

Ek Verwys: Die heerlike koerant :-
Sondag - soos dit is.
16/22 Oktober 2011
.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/lag-en-huil-vir-die-dag
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998