Op Woes.co.za onder Gorrel

My voornemens

Ek wil my eers self voorstel. Soos die meeste van julle weet is ek Ansie vd Merwe wat skryf onder die skuilnaam Ans Botha. Ek bly op ‘n pragtige plaas, soos die meeste van julle al gesien het onder “Rus ‘n Bietjie – My Plaas”. Ek is nie ‘n boervrou nie, maar ‘n kind van die natuur.

Afgesien daarvan dat ek die voorreg gehad het om in 2013 saam met ‘n paar briljante kunstenaars ‘n gesamentlike boek uitgebring het, is my droom tog om eendag ‘n kombinasie van ‘n digbundel en kortverhaalboek die lig te laat sien. Ek is tans ook besig om aan hierdi boek te werk. Ek be-oog om teen die middel van die jaar te begin met die uiteensetting van die boek. In die verlede was my tyd maar min, is nog steeds, maar ek het myself belowe om meer aandag aan dit te skenk wat vir my lekker en ontspannend is.

Ek is ook in stilte besig om my autobiagrafie te skryf. Dit is ‘n boek wat ek nie op die mark gaan plaas nie. Dit is iets waaroor my kinders eendag sal moet besluit as ek nie meer daar is nie. ‘n Erfenis vir my kinders.

©ANS BOTHA

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/my-voornemens-woes-skryf-woes-2015
Ans Botha

Die jare het gekom en gegaan. Baie het gebeur van die eerste dag wat ek op Woes begin skryf het. 

Ek en my familie woon op 'n plaas naby Zeerust in die mampoer vallei soos ek dit noem. Ek het groot geword op 'n plekkie hier naby. Skuinsdrif. Het daar Laerskool gegaan tot in 1975 is toe Zeerust toe en my Matriek daar klaargemaak. Die lewe het eers vir my 'n paar draaie laat loop tot ek en my familie teruggekom het na die plek wat die naaste aan my hart se punt le. 

Van skool af was ek baie lief vir skryf, maar ek moes eers 'n paar paaie loop voor ek dit tog kon regkry om eindelik te kon doen waarvoor ek baie lief is.

Ek het vyf jaar gelede 'n kursus geloop in kortverhaal skryf, maar toe byt die gedigte gogga my ook. 'n Uitgewer het my terloops raakgesien en ek het saam met 'n groep ander digters 'n koffietafel boek uitgegee. My grootste trots wat ek bereik het in die skrywersbedryf.

Vandag hou ek my nogsteeds besig met kort verhale gedigte rubrieke en artikels. Ek bly nie verniet op 'n klein plasdie nie. Die natuur is in my bloed. Ek leef vir die buitelewe om in die veld te kan sit en te luister na die stilte, na die gebrul van die leeus, 'n jakkels se roep, maar die mooiste om te sien hoe 'n koedoe oor 'n draad spring. Die natuur is in my, ek is die natuur, ek leef die natuur. 

Dit is in kort hoe my lewe is en wie en wat ek is.



Totale stukke publiseer: 107
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 538