Op Woes.co.za onder Gorrel

NIERSTENE


Daar is sulke goed. Nou nie die soort stene wat hulle mooi muurtjies mee bou nie. Ook nie die soort wat hulle vir tuin dekorasie om die boompies pak nie.
Regte nierstene. Daardie pynlike goed wat in die liggaamverskyn.
Daardie goed wat die waterwerke in oordeelsdag verander.

Ek besoek my vriend. Dokter Alfonso. Hy sit oorkant my agter sy lessenaar. Ek is erg senuagtig. Ek draai aan my snor, my hande bewe.
Hy het ʼn glimlag in sy oë en ʼn beweging in sy mondhoeke:
“Alfonso, jy lag vir my!”
“Nee, Willem, ek kyk na daai baard van jou.”
My hand gaan na my baard. Ek trek my vingers daardeur. My baard. My trots.
“Alfonso, so nietig soos ek is, is my baard en snor my landmerk. Dit is die uitkenning wat die mense noem. Dit is hoe hulle my uitwys as hulle van my skinder.”

Die duiweltjies spring in sy oë.
“Willem, hulle gaan jou nou beter kan beskryf. Hulle gaan vertel van die ou met die baard en snor wat so krom loop. Hulle weet mos nie van jou pyn nie.”
“ Te hel met jou Alfonso, wat kan jy doen om my te help, ek kan mos nie só leef nie.”
“Willem, ek jou vertel, jy moet meer water by jou mampoer gooi. Jy drink hopeloos te min water.”
“Alfonso, ek moet die water behoorlik ontsmet. Jy weet wat doen die paddas en visse in die water, hulle pie en kakka in die water. Ek kan dit mos nie só ongesuiwerde in my liggaam gooi nie.”

Alfonso antwoord my nie. Hy tel die foon op en ek hoor hy vertel die Nursie om vir my ʼn bed te bespreek.
By die aanhoor van die gesprek, slaan my senuwees op ʼn drafstap oor. Ek en ʼn hospitaal?
My twee hande begin gelyktydig werk. Die een hand draai die weglê snor se punte, die ander kam deur my baard. My knie koppe klap heen en weer teen mekaar.
Alfonso is ervare en sien die senubol hier voor hom:
“Willem, dit is nie erg nie. Ons het ʼn metode om die steentjies flenter te skiet en dan kom dit uit.”

Net hier haak ek vas. Die man wil my skiet. Ek meen, ek is nog jonk, wat is sewentig jaartjies. Ek kan mos nie nou gestaan en skiet word nie.”

Ek beswaar heftig. Hy steur hom nie aan my nie.
“Willem, al wat ons doen, ons steek die dingetjie in en boem, boem, skiet ons , en waps, daar is jy weer reg.”

Op hierdie stadium is alby my hande in my baard. My trotse baard deel ek middel twee en trek die twee helftes van mekaar weg.
“Willem, jy kan nou nie meer kanselleer nie. Jou bed is gereël, vanaf ses uur vanaand, mag jy niks eet of drink nie. Sewe uur môre oggend boek jy in. Ek sal daar wees.”
Ek is nie seker watter een van die twee die ergste is nie. Die pyn in my lendene of die vrees vir wat op my wag nie. Die nag is die langste een van my lewe. Ek kan die meegevoel in haar oë sien, haar vertroostende woord help my nie.

Seweuur gaan ek krom van die vrees en bewende die ontvangs vertrek binne, Sy ondersteun my, doen die nodige papierwerk en begelei my tot by my bed.
Haar sterkte toewens en die kam wat sy in my hand stop, bring geen vertroosting nie:
“Vat Wille, om jou senuwee te kalmeer, trek die kam deur jou baard. Dit sal jou gedagte weglei.”
Ek kyk na haar wegstap agterna en die eensaamheid en selfbejammering neem besit van my.

Die mooie Nursies vat oor. Koorspennetjie, bloeddruk, algemene vrae en alles, oordonder my.
Later kom ‘n Nursie. Ek sal haar nooit vergeet nie. Soos ‘n vars roos in die tuin, met ‘n blos op haar wange, kom sy in. Sy het ‘n papier en in skottel met water in haar hande:
“Meneer van Tonder?’
“Ja Nursie, dit is ek.”
Met die, sit sy die skottel met water op die bed se tafeltjie en trek sy die gordyne om die bed .
“Jy is volgende meneer. Ek moet jou gou skeer.!”
Sy kyk op die papier, kyk my in die gesig, en verdwyn deur die gordyn.
Ek wag in veel erge spanning. My bloeddruk styg deur die dak. Gedagtes swem deur my kop:
“Is daar dan nie man mens verpleërs nie? Moet hulle nou so ‘n dingetjie stuur om die taak af te handel? Hoe gaan ek maak? My oë styf toeknyp en dink aan my bokke en hoenders?
Ek meen, ek is mos ‘n man. En hierdie blommetjie gaan met my werk. Sy gaan aan my vat! Sy gaan behoorlik vat en heen en weer swaai om al die plekke te skeer.
Liewe Hemel! Kan hulle dan nie eers vir ‘n man ‘n pil ingee om te help met die... met die...
Magtag!
Sy kom in. Ek kan sommer voel hoe bleek is ek onder my baard. Ek sien sy het ‘n skêr in haar hand:
“Sit regop meneer.”
Die stem van ‘n soldaat. Die bevel van iemand wat nou nie gaan nonsens vat nie.
My stem bewe, ek wil weet, ek meen, moet ek sit? Hoe gaan sy die werk gedoen kry?
“Nursie....”
Ek kom nie verder nie. Haar hande word kloue en sy gryp aan die baard en die blink skêr flits soos weerlig.

My baard!
“ Nursie...”
Ek probeer. En vat aan haar hand.
Sy ruk terug en die mooi oë blits.
“Meneer, gedra jou. My opdrag is om jou te kom skeer”

Trane kom in my oë. Meer trane as ek sien hoe sy my trotse baard en snor in stukke op die lappie wat sy oor my bors gegooi het, neersit.





Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/nierstene
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998