Op Woes.co.za onder Gorrel

Ons dink aan Carol

Ons Kreatiewe bestuurder, Carol Williams het verlede week deur ‘n baie seer tyd gegaan met die afsterwe van haar moeder.

Ons as WOES-lede wil net ons innige simpatie met haar deel en ook sterkte toebid. Mag ons Hemelse Vader jou styf vashou in hierdie tyd.

Wees altyd geseënd

Anzé Bezuidenhout

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/ons-dink-aan-carol
Anze Bezuidenhout

Anze Bezuidenhout

Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel....

Ek het vir 3 vol jare niks geplaas nie agv n skrywersblok en daarna het my beker begin oorloop en my pen se ink het gevloei...

Baie lief om my diepste gevoelens oor als in my lewe in digvorm uit te druk.  My liefde vir woorde kom n baie lang pad met die groot en ver droom om eendag my eie bundel op die rakke te kan sien het waar geword met die uitreik van my bundel "Gebroke Harts Gebede". Die Hemelse Vader was goed vir my en op 28 November 2013 is my debuut bundel Gebroke harts gebede ook in e-boek formaat vrygestel.  Hierdie is n lewensdroom wat waar geword het en ek kan nie genoeg dankie se vir almal wat in my geglo en my ook aangemoedig het nie. Ook vir die talent wat ek van Bo ontvang het.

Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring

Ek is getroud met die wonderlikste man (Willem). Ons is geseend met  3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 2 kleindogters en 'n nuwe kleindogter word in Junie 2015 verwag.

My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Vir boek bestelling : anzebez@gmail.com
ISBN NR: 978-1-920527-75-4
ISBN NR: 978-1-311796-77-6 
ISBN NR : 978-1-920673-19-2
ISBN NR :978-1-920673-25-3
ISBN NR: 987-0-620-62201-1
http://www.kameeldoringboeke.co.za/
http://www.amazon.com/Gebroke-Harts-Gebede-Afrikaans-Bezuidenhout-ebook/dp/B00GXMLDVO/ref=sr_1_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1385546443&sr=1-1
http://www.smashwords.com/books/view/370328



Totale stukke publiseer: 667
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 7,039