Op Woes.co.za onder Gorrel

oupa en ouma haal die 'finals'

dit het al 'n rukkie gelede begin.ons wou 'n paar professionele fotos geneem he.die goed is egter onbetaalbaar duur.net vir die outjie om na my huis toe te kom en van die oom en tannie 'n paar 'snaps' te neem,sou oor 'n duisend rand kos.nee wat,volgende keer 'as die skip kom'.toe sien ma die advertensie in die plaaslike koerantjie.kom 'Mall' toe dan neem 'n fotograaf 'n klompie goeie fotos en dit kos amper niks! dieselfde tyd skryf hulle jou in vir 'n fotokompetisie.gestewel en getaai is ons toe daar en 'pose' so 'n paar keer en betaal ons R60.dis mos nou 'n 'bargain'!'n week of wat later kry ons 'n cd met die mooiste fotos wat ons dan kan kies en laat druk.doodtevrede met die winskoop.so verloop nog 'n maand voor die oproep daai dag."you have been chosen out of 600 participants,please report for the final showdown'!dis nou vir mr en mev fotogenies,kategorie bo 60 jaar !wow! ons kyk met nuwe oe na die fotos en na die spieel.trek die ou krom skouers so 'n bietjie terug en glimlag vir myself.mastag,jou ou doring.ma vat-vat so aan die yl ou poniestertjie en glimlag so skalks.wie weet.....so gaan die tyd verby tot die dag voor die okasie.skielik begin die senuwees.se nou ons wen ?se nou ons maak 'n gek van onsself ?ag daar daag dalk niemand eers op nie.die aand voor die tyd word die uitrustings netjies op die bed uitgepak.die opwinding groei soveel so dat 'n slaappilletjie vir elk moet help om die lang nag om te kry.die volgende oggend word met 'n huppel in die stap tegemoet gegaan.vroeg is ons al daar,dis koud en die wind huil deur die lee 'mall'net 'n paar mense met duidelike afwagting vir die geleentheid tot roem sit rond.ons registreer ,nommer 40 en 41.onthou daar is 160 deelnemers.om die storie kort te maak,eet ons ontbyt, my vrou kou so 'n bietjie aan 'n stukkie spek en soos gewoonlik moet ek hare ook eet.toe het die skare aansienlik aangegroei.ek word nou bang.
hulle verduidelik hoe ons op die loopplank moet loop tot voor die beoordelaars,so 'n oomblik talm en dan terugkeer.die oudstes,dis nou ek,is eerste.aarde sluk my in,ek hoop iets gebeur.die mense glimlag vriendelik en 'n paar klap hande.die beoordelaars lyk almal soos skoolhoofde wat diep ongelukkig is oor iets.ek oorleef dit,toe is ma se beurt.ek het haar nog nooit so hups en vriendelik voor vreemdes gesien nie !Ek wen toe in my afdeling,nogal R2050 se pryse !Ma is seker hulle het 'n fout gemaak om haar talente oor die hoof te sien.ek kry haar jammer en koop vir haar kamer 'n nuwe 'flatscreen'.ons ry terug,elkeen met sy eie gedagtes.ek is versigtig om nie te veel te glimlag nie,maar loer elke nou en dan in die spieeltjie:uiteindelik kom jy tot jou reg,oupa of te nie !
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/oupa-en-ouma-haal-die-finals
johnie007

Ek woon in Grootbrakrivier,afgetree en ongelooflik bly dat ek deel kon word van die Woes familie.  
Ek geniet die opinies(selfs uiterstes soos Aardige Afrikaner tot die romantiese van Ma-Linguis) En nou nuutgevonde Hennie Prins en seksie Rexie.Wat van Helna en Thysie en nog baie ander.Ten laaste my groot plesier 'Sneeuwolf' Dis lekker !Wat 'n wonder wereld van idees om te deel en te geniet.Wens net die gier,of inspirasie,pak my meer gereeld,want anders as baie ander,funksioneer ek net op inspirasie.Dankie vir al die vriende wat saam baljaar in die see van woorde.....



Totale stukke publiseer: 334
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 469