Op Woes.co.za onder Gorrel

Pootjies

Pootjies

Daar is 'n oord in my tuisland vêr weg van die aktiviste se lawaai.
Waar die wild in hokke nie meer in die middae kan speel of baljaar.
En eendag sien ek 'n arme diertjie, gekwes eenkant alleen.
Met rooi traantjies wat rol oor haar bang gesiggie heen.

En ek sê:
“Pootjies, liefling daar's 'n pyl en boog in hulle oë.
Wil jy graag 'n tragiese geheim hoor, almal soek 'n stukkie van jou vlees.
Want jy's kosbaar, onskuldig, en sy kom ruik sagies aan my bewende hand.
En sê: Ek wens die mense wil my minder bedien en deur jou oë sien.

Pyn is al wat die diertjies en kreatiertjies van ons af kry
Sien die glimlag van jagters en slagters wat oor bloed baklei
En eendag sien ek Pootjies weer en my koppie begin raas.
Want sy het babatjies gehad wat nou onweted wag op ’n ander plaas

En ek sê:
 "Pootjies, jy's pragtig".
En sy kom lek liefies aan my hand.
En sê: "Ek wens die mense wil my minder bedien en deur jou oë sien."

En ek sê:
 “Pootjies, liefling, daar's nog steeds n pyl en boog in hulle oë.
Onthou jy nog die spoortjie, en die trane in my oë.
Pootjies, jy's pragtig." En ek laat haar vry gaan.
Sy sê: ""Ek wens die mense kan my deur jou oë sien.".

"Ek wens die mense wil my deur jou oë sien."

Woorde deur my maar ritme deur S.R
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/pootjies-woes-skryf-woes-2015
D.F. Bothma

Vergeet van my en kyk na die diere om jou.



Totale stukke publiseer: 3
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 7