Op Woes.co.za onder Gorrel

Projek soen.

Hierdie projekte ding is okei .
Ongelukkig volg nuwes mekaar te vinnig op
Dit het die direkte gevolg dat skrywers nie kans kry om te primiteer nie.
Goeie stories word nie soos ‘n maagpyn uitgepoep nie.
Die gedagte moet eers fermenteer, absorbeer en vorm aan neem - veral vir stadige vertraagdes soos ek.

Maar – kom dit by die liefde en die aksies wat deur die liefde ontbrand, is stadig en sorgsaam juis nodig.

Kyk vir ‘n begint na die plaas-
Buurman, daai haan . . .
Kyk as hy sy vlerk so vastrap en die ronde sirkel op die grond spin en met sy kloek-kloek-kloek vir haar belowe – (Ons belowe mos maar almal . . . !)
“Niggie, gee vir pappa ‘n lekker soen dan loop koop ek vir jou net so ‘n wye skirt!”
Wel
Dan huiwer niggie nie – sy gaan sit dadelik op haar hurke en beveel:
“Klim pappa – klim dan lift ek jou sommer winkel toe !”

Dis mos as sy daar bykom en pappa staan en skud sy vere reg dat sy besef en dadelik skree “ Ek gaan vir my ma sê – ek gaan vir my ma sê”

Dis net die duiwe wat beskaafd is.
Hel, is die proses nie pragtig nie; hoe hy kan pronk en dan koppie-krap-koppie-krap en soen-soen-soen – real french kiss like en dan gee hulle tot die bubblegum mond-tot-mond vir mekaar aan en dan . . . .
Dan is dit net te mooi hoe sy gaan sit en hy vir haar dankie sê.

Almal: “ Wildsbokkie pragtig – wildsbokkie pragtig “ ekstaties . . .!
Maar is die goed nie baar en ongeskik nie !
Hy maak sy vroutjies mooi bymekaar, sommer baie van hulle, beskerm en bewaak hulle met sy lewe en dan . . .
Dan sommer net so – sonder om te vra of te soen of eers bietjie op te vryf . . .
Sommer net so – blitsvinnig en binne ‘n oogwink – voordat sy nog kan keer en stop met : Kan ons nie eers loop Kerk en Orden en . .
Nou ways – voor sy kan oogknip staan meneer doer eenkant en kyk Oos en met ‘n oogknip se snuif in die lug:
“. . .Het jou ! “

Verkleurmannetjie is die beste.
Net so – sonder soen en vra en blomme en ringe en bangles en wat en wat, laat waai hy . . .
Maar . . .
Onmiddellik, soos blits, blaas sy haarself op soos ‘n ballon en hy skrik homself regtig spierewit!
En hy moet hol vir sy lewe want sy gaan hom nou opvreet en blaas-blaas- :”Waar is my soen hê?” hol sy agter hom aan !

Hotnotsgot is vinniger – haar pote haak hom soos blits en hy word haar nagereg soos blits.

Wat wil ek sê?

Soen is ‘n moet.

Dis net . . .
Letitia . . .
Die grootmense het groot ogig gemaan: “ Die vonke sal spat as jy aan niggie se tieties vat ! “

Oom Piet Esterhuizen het sy pampoene in miedens gepak.
Laag pampoen en laag gras – laag pampoen en laag gras tot so hoog soos ‘n piramiede en Letitia was energiek en moeg opgeklim en afgeseil het sy my leer soen as ons in die koelte tot ruste kom en ek waag dit –
Stadig try ek en druk my hand bo in en . . en niks gebeur nie –
Behalwe dat die blou van haar oë word blouer en die vog op haar lippe verkleur dit in karmosyn en ek, stupid wat ek was . . .
“Daar is dan nie vonke nie . . .”
Sy . . . .
Nee. Ek gaan nie verder vertel nie.
Weet net –
Net soen, is baie beter.

2015/11/04

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/projek-soen-soen
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998